The Caves Afree-oord - Versorgingseenheid

Die Caves Afree-oord in Oudtshoorn beskik oor 'n volledig toegeruste Versorgingseenheid. Die Versorgingseenheid is ontwerp en ingerig volgens die nuutste tegnologie om optimale versorging en gerief aan al ons pasiënte te bied.
Ons doelwit is om hoë kwaliteit sorg te waarborg met die nodige vaardigheid, deernis en intergriteit.
Opgeleide, empatieke professionele verpleegpersoneel, onderleiding van Suster Sanet Els, is 24 uur tot u beskikking om volkome gemoeds rus te verseker. Die Oord beskik oor 1 geregistreerde verpleegkundige, 5 ingeskrewe verpleegkundiges, 1 ingeskrewe Verpleeghulp, 9 saalhulpe, en 2 algemene assistente wat werk volgens ‘n skofrooster.

Daar is tans 23 beddens in die Versorgingseenheid wat voorsiening maak vir die versorging van Alzheimers en Dementia pasiënte onder andere. Die dienste wat tot die beskikking van inwoners van die Oord is:

  • Korttermynversorging (herstel na ‘n operasie)
  • Langtermynversorging (insluitende Alzheimers pasiënte)
  • Noodbehandel en stabiliseering
  • 24 Uur bystand deur mediese praktisyns
  • Drie etes daagliks insluitende oggend - en middagtee
  • Spesiale eetplan vir diabete en ander spesifieke behoeftes onder leiding van Dieetkundige raadgewing
  • Daaglikse wasgoed [slegs vir pasiënte in VE] en skoonmaakdienste
  • Toegang tot gemeenskapsentrum, biblioteek, braai fasiliteite, en 2 televisiekamers
  • Toegang tot fisioterapeute en ander spesialiste soos nodig (vir pasiënt se eie rekening)
  • Wondversorging
  • Hande en voeteversorging

Vir verdere gespesialiseerde mediese dienste spog Oudtshoorn met goeie infrastruktuur, ‘n privaat Medi-Kliniek sowel as puik provinsiale hospitaal. Heelwat mediese spesialiste besoek Oudtshoorn op ‘n weeklikse basis.

Die Suid-Kaap se nood-helikopter is in Oudtshoorn gestasioneer en behalwe vir die uitstekende hospitale in Oudtshoorn, beskik die klinieke in George en Mosselbaai ook oor die mees moderne tegnologie en fasiliteite. (Hart-eenheid te Bayview Hospitaal)

Bystand Versorging

Vir bejaardes wat daagliks hulp benodig met persoonlike sorg en toediening van medikasie, maar steeds onafhanklik funksioneer in hulle wooneenheid, bied ons bystand versorging. Daaglikse besoeke deur opgeleide personeel waar nodig, bied ‘n gesonde balans tussen ‘n onafhanklike leefstyl en hoë gehalte sorg soos nodig.
Etes kan daagliks op aanvraag gelewer word aan bystand pasiënte om te verseker dat hulle die nodige voedingswaarde verkry.
Alle inwoners van die Oord het ‘n paniekknoppie wat 24 uur bystandhulp waarborg – ekstra gemoedsrus vir ons inwoners.

Frail Care Unit, The Caves Retirement Village

Sanet Els

Hoof van die verswaktesorgeenheid