Gemeenskapsentrum

Die Oordbestuurder, Bets Wilkinson, is daagliks tydens kantoorure beskikbaar om enige navrae en adminstratiewe funksies te verrig.

Behalwe vir die volledige administriewe kantoor, bestaan die Gemeenskapsentrum uit ‘n eetsaal, ontspanningslokaal en biblioteek.

Etes word daagliks voorberei deur Western Province Caterers en etes kan deur inwoners 24 uur vooruit bespreek word teen billike tariewe. Middagetes is 7 dae per week beskikbaar. Indien nodig, kan ontbyt en aandetes ook bespreek word.

Die ontspanningslokaal word weekliks gebruik vir Bybelstudie sowel as maandelikse sosiale geleenthede. Inwoners is welkom om die saal te huur vir privaat funksies ook.

Die Oord beskik oor ‘n swembad wat inwoners op eie risiko kan gebruik.

‘n Biblioteek word baie suksesvol deur die inwoners van die Oord bedryf.

Community Centre, The Caves Retirement Village

Bets Wilkinson

Die Oordbestuurder