Welkom by die Caves Aftree-Oord

Caves Aftree-Oord bied ‘n unieke geleentheid om af te tree in die hart van die Klein Karoo. Die Caves Aftree-Oord is geleë in 'n pragtige landelike omgewing met die Swartberge majestieuse op die agtergrond. Alle huise is gebou volgens 'n Karoostyl om in te pas by die unieke omgewing.

Die tweede fase van die Sorgeenheid is voltooi en in volle werkende toestand.

Oudtshoorn, ‘n rustige plattelandse dorp, spog met goeie infrastruktuur, hospitale (privaat en provinsiaal) en mediese spesialiste. Aangrensend aan die Tuinroete is dit maar slegs veertig minute vanaf George, George-lughawe en naaste strande.

Uitstekende fasiliteite, 24-uur sekuriteit en ‘n volledige Versorgingseenheid op die terrein, dra by tot volkome gemoedsrus.

Kies uit ons verskeidenheid planne en voorkomste vir u pasklaar wooneenheid en neem beheer van u toekoms vandag!

Indien u enige navrae het, kontak ons Bemarkingsbestuurder, Liesl Neethling by 082 412 1038