Heffings

Die koste verbonde aan die bestuur van die aftree-oord word deur die inwoners gefinansier deur middel van heffings. Die heffing vir elke eenheid word bereken op grondslag van die pro-rata grootte van die eenheid. Die heffingkoers is tans R14,70/m2.

Maandelikse heffings dek die koste van die bestuur van die oord. Dit word aangewend vir die volgende:

• Instandhouding van gemeenskaplike fasiliteite en versorgingseenheid
• Onderhoud en instandhouding van alle wooneenhede (eksterne onderhoud)
• Tuindienste
• Versekering van alle geboue en wooneenhede
• 24 Uur sekuriteit
• Water (gemeenskaplike areas)
• Elektrisiteit (gemeenskaplike areas)
• Administrasie en personeel

Eienaars is self verantwoordelik vir die instandhouding van die binnekant van hul eenhede, versekering op huishoudelike inhoud, munisipale heffings en dienste, etes en skoonmaakdienste soos nodig. Die vereniging is verantwoordelik vir die onderhoud aan die buitekant van elke eenheid.

Groot sorg is getref om die heffings so akkuraat en realisties as moontlik te bereken sonder om die kwaliteit van enige dienste in te boet. Die standaard van dienste sal ’n regstreekse invloed op die reputasie van die oord en die waarde van die eenhede by herverkoop hê.

Addisioneel tot die basiese heffing betaal die eienaar ’n addisionele siekesorgheffing van R391,00 per persoon per maand. Die heffing word uitsluitlik aangewend vir versorging in die Siekesorg Eenheid. Elke eenheid moet minstens een siekesorgreg besit. Wanneer ’n persoon, wat oor die siekeboegreg beskik, in die Versorgingseenheid opgeneem word, is daar 'n addisionele bedrag van R140,50 per dag, plus etes, betaalbaar.

Levies, The Caves Retirement Village

Woonstel Heffings

Levies, The Caves Retirement Village

Algemene uitgawes en Heffings